|
Hierdie foto is geneem met Oupa Nick en Ouma Malie Pretorius se 60se huweliksherdenking. Agter staan ooms Flip Nick en Willie. Voor sit tannie Marie, en Cillie. Langs ouma sit oom Luk en Koot. |
|
Add caption |
|
Add caption |
Bo is Oupa se doopsertfikaat. Waarom dit eers op 3 Desember 1948 uitgereik is. is nie onduidelik. Die vermoede bestaan dat hy dit benodig het vir sy bestuurslisensie. Hy as toe al 64 jaar oud en dit was omtrent op die ouderdom dat hy sy eerste kar, n Plymoth gekoop het.
|
Hierdie kwitansies was vir die erflating wat aan elke kind uitbetaal is. Ek neem aan dat oom Flip het n verband op die grond geneem het teneinde aan die broers en suster elk 100 Pond te betaal. Ek neem aan dat die plaas dus gereken 700 Pond werd was.. (Nico Pretorius) |
|
Add caption |
Nico Pretorius : Hierdie is Oupa se ontslagvorm. German East Africa is die huidige Tanzaniee, Burundi en Rwanda. Volgens die dokument het hy daar diens gedoen as n troep vir 1 jaar en 19 dae. (Ek wonder of dit vrywillig of verpligtend was? Is die soldate vergoed en wie het na die boerdery omgesien. -NP )
|
Volgens die kwitansie bo het Oupa 6 Pond betaal aan die sekretaris van verdediging. Dit moes aan die begin van sy dienstydperk gewees het. Ek wonder vaarvoor dit was? -- Nico Pretorius. |
Nico Pretorius: Hieronder is n Koopbrief waar Oupa grond aangekoop het van n ene GC Kachelfoffer. Volgens my pa oom Willie het hy gereeld grond aangekoop en bygehuur.
No comments:
Post a Comment