Tuesday, 11 September 2012

Stamboom Register en nageslag. Familie dokumente


B3
Johannes gebore Kaapstad 22 September 1680. Sterf 1732  -- 52 Jaar
Trou met Helena Vosloo 1698.--- 18 Jaar oud.

C7 Jacobus gebore 27 Februarie 1724 te Stellenbosch. Bekend as Jacob. Boer Buffelsvlei distrik Calitzdorp. Trou op 9 April 1751 met Johanna Christina van den Berg (gebore 6 November 1729) Sy was die dogter van Jacobus van den Berg en Maria Magdalene Haak. Geen sterftekennis vir Jacobus nie maar is plaas in tot in 1775 deur Jacobus bewoon.

D1 Johannes Jacobus gebore 28 Mei 1752 op Tulbach. Trou met Elizabeth Rachel Meyer dogter van Willem Meyer en Elizabeth Loots. Alhoewel hy die familieplaas Buffelsvlei op’n openbare vendusie na sy vader se dood in 1777 koop laat hy tog onmiddelik die plaas in die hande van sy twee jonger broers en jongste suster wat met die Calitz familie ingetrou het en sodoende die dorp Calitzdorp stig. Hy trek blykbaar agter sy vrou se familie aan. Hy bewoon ‘n plaas Elandskraal suid van Cradock.

Al ses sy seuns verhuis egter teen die helfte van die eeu na die RIEMLAND hoewel die middelste seun Johannes Andries een ‘n draai by Bloedrivier maak waar sy seun Jan Pretorius saam met Piet Retief vermoor word.

E2 Willem Lodewyk gedoop Kaapstad 7 April 1776 veeboer in die Camdebo. Trou op 2 April 1797 op Graaf Reinette met Maria Madgalena van den Berg gedoop 4 Januarie 1777 dogter van Abraham Paulus van den Berg en Hendrina van Rensburg.

Hy trou weer op 29 MEI 1860 met Sarah Aletta Petronell van Dyk dogter van Sybrandt van Dyk en Chatharina Wagenaar.

F11. Jacobus Nicolaas gebore 26 Januarie 1818 gedoop 8 Maart 1818 Graaf Reinette. Boer Blesbokfontein distrik Ventersdorp. Sterf in Potchefstroomse konsentrasiekamp op 21 Junie 1901. Hy trou op 6 April 1840 met Johanna Adriana van den Berg dogter van Barend Petrus van den Berg en Hendrina Johanna Marais. Sy sterf op 27 Junie 1895 op Blesbokfontein. 

G7 Jacobus Nicolaas gebore 5 Oktober 1854 gedoop op 1 Julie 1855. Hy sterf in sy huis op Blesbokfontein op 8 Desember 1918. Hy trou in die Potchefstroomse Hervormde Kerk op 13 Augustus 1880 met Cecilia Anna Heynecke gebore Maart 1861. Sy sterf op Blesbokfontein 15 Julie 1919.

H2 Jacobus Nicolaas gebore 22 September 1884 sterf op 17 Desember 1979 – 94 jaar oud. Hy trou met Maria Magdalena Lindford gebore 22 Februarie 1887. Sy sterf op 13 Augustus 1965.

Hulle het 5 seuns en twee dokters

Hendrik Dawid,(  Luk) Jacobus Nicolaas (  Koot) Cecilia Anna ( Cilie of Sus ) Nicolaas Willem (  Nick) Philupes Johannes (  Flip)  Willem Lodewikus ( Willie) Maria Magdalena (  Marie ook genoem  Sussie)

Desember 2018 is Willem Lodewikus (98 jaar oud die enigte oorledene.

Hendrik Dawid ( Luk)

Jacobus Nicolaas ( Koot)

Cecilia Anna ( Cilie of Sus )

Nicolaas Willem (  Nick)

Philupes Johannes (  Flip) 

Willem Lodewikus ( Willie)  Gebore 25 Januarie 1922 Hy trou op  Junie met Maria Magdalena Nortje.Gebore 6 Junie 1925. Hulle het twee kinders Jacobus Nicolaas ( Nico) gebore 16 Dec 1956 en Wilmarie gebore 29 Desember 1964.
   
Nico trou met Veronica Moll op 2 Feb 1980. Hulle het twee seun Nico ( 12/11/1983) en Marius ( 8/01/1986.  Marius trou mer Emme Jane Pieterse  (Janie) op 17 Dec 2012 Hulle het twee kinders Cornelis Dawid (Corne  13/06/2014 en Elizabeth (Lize) 9/9/2017. Nico Jnr trou met Alicia Welgartz op 12 Desember 2025.

Wilmarie trou met Almero ( Bambi) Oosthuisen op ----. Hulle het twee seuns Simeon en Joshua.



 Maria Magdalena (  Marie ook genoem  Sussie)




Hierdie kwitansies was vir die erflating wat aan elke kind uitbetaal is. Ek neem aan  dat oom Flip het n verband op die grond geneem het teneinde aan die broers en suster elk 100 Pond te betaal. Ek neem aan dat die plaas dus gereken 700 Pond werd was.. (Nico Pretorius)


Nico Pretorius : Hierdie is Oupa se ontslagvorm. German East Africa is die huidige Tanzaniee, Burundi en Rwanda. Volgens die dokument het hy daar diens gedoen as n troep vir 1 jaar en 19 dae. (Ek wonder of dit vrywillig of verpligtend was? Is die soldate vergoed en wie het na die boerdery omgesien. -NP )

Volgens die kwitansie bo het Oupa 6 Pond betaal aan die sekretaris van verdediging. Dit moes aan die begin van sy dienstydperk gewees het. Ek wonder vaarvoor dit was? -- Nico Pretorius.

Hieronder is n Koopbrief waar Oupa grond aangekoop het van n ene GC Kachelfoffer. Volgens my pa oom Willie het hy gereeld grond aangekoop en bygehuur. NP


Add caption
Bo is Oupa se doopsertfikaat. Waarom dit eers op 3 Desember 1948 uitgereik is onduidelik. Ek vermoed dat hy dit benodig het vir sy bestuurslisensie. Hy was toe al 64 jaar oud en dit was omtrent op die ouderdom dat hy sy eerste kar, n Plymoth gekoop het???? NP




Doodsbrief van n JN Pretorius  in 1908 ( NP - ek sal probeer om n beter kopie te kry).


Nog n doop sertfikaat vir Oupa JN Pretorius uitgereik in 1965



No comments:

Post a Comment