| Volgens oom Willie was oom Flip langer in die Noorde as 1941. |
(NP teen 2025 was Ouda en Blou reeds oorlede)
Flip was van kleintyd af ʼn gebore boerseun en het in alles was boerdery betref in belang gestel en was ook oupa Nick se regterhand op die plaas. Hy was ons gesin se kapokhaantjie. Hy het goed gevorder op skool en was die sokkerspan se regter vleuel.
Met die uitbreek van die tweede wêreldoorlog sluit Flip by die Koos de la Rey regiment aan en word bevorder tot die rang van sersant. Koos de la Rey was bekend as die leeu van Wes-Transvaal. So was die regiment embleem dan ook n sittende maanhaar leeu. Gedurende die tyd was daar 24 regimente in Suid Afrika.
Flip is vroeg Egipte toe waar die regiment die skepe in Alexanderbaai bewaak het. Een van die skepe het n vrag wynvate met wyn aan boord gehad. Een van Flip se onderdane het gevind dat hy een van die hoepels liggies kap kan hy die hoepel effens weg skuif.. Hy het n dun gaatjie deur die wand geboor en die wyn het in ʼn dun straal uitgespuit, Sodra sy beker dan vol was het hy die gat met n hout proppie verseël en die hoepel terug geskuif. So kon al die manskappe vir hulle soos en wanneer hulle wou drink.
Die Kaptein van die groep doen eendag onverwags ʼn inspeksie en vind Flip en al sy manskappe is letterlik poep dronk. Die manskappe kry alma ʼn klomp ure straf dril en Flip se rang word oneervol weg geneem.
Na die oorlog is Flip ʼn volslae alkoholis en het ʼn stryd met drank vir baie jare. Hy doen na baie jare ʼn drie weke rehabilitasie op Potchefstroom omdat sy boerdery daaronder gely het
Flip was nogal ʼn goeie musikant en kon baie mooi sing. Hy het ʼn pragtige groot swart kitaar besit met ʼn besonderse goeie klank. met oujaar en nuwejaar was hy die musikant.\
Flip het na sy rehabilitasie ʼn pragtige huis op Blesbokfontein gebou.
NP Ongelukkig hou my Pa se storie oor oom Flip hier op. Ek onthou verder.
Oom Flip koop in 1954 sy broers en susters se erfdeel in Blesbokfontein uit teen 100 pond elk. In die nuwe huis op Blesbok was daar ʼn kabinet met vele trofees. Ek neem aan dit was vir beeste en perde toekennings.
Ek onthou hy was besonder lief vir perde en het gereeld aan skoue met sy ryperde deelgeneem. Hy het ook perde karre gehad ao. ʼn koets wat hy vir troues gebruik het.Hy was ook een van die perde ruiters in die prent die Kavaliers in die 1960 jare.Verder het oom Flip vertel dat die weermag hom genader het met die oog om ʼn berede eenheid op die been te bring. Hy moes reel vir ruiters en perde en die oefening was in Thabazimbi omgewing. Oom Flip was baie mismoedig na die oefening want die perde het baie swaar gekry in die boswêreld maar die weermag was baie ingenome met die oefening en die berede eenheid is later gestig.Oom Flip was blykbaar al die jare betrokke by die weermag want ek onthou by sy begrafnis het drie uniform soldate tot by die graf gemarsjeer, gehalt en toe gesalueer.
Oom Flip was ʼn kleurryke figuur en daar moet baie stories wees.
NP. Ek wonder wat sy rede was om by die oorlog betrokke te raak?

No comments:
Post a Comment