Oom Willie se onthou.
My suster Cielie bekend as Sus of Ousus.– Ek verwys na haar as Ousus.
Cecilia Anna Pretorius gebore 1912
Op sommer ʼn baie jong ouderdom het Ousus probleme met haar oë ontwikkel. Dit was so erg dat sy byna blind geword het. Toe ek so 7 of 8 jaar oud was, was dit my werk om haar vleis en groente kleiner te sny. Haar blindheid het so erg geword dat sy in Johannesburg hospitaal deur ʼn ene Dr Marais geopereer is.
Oupa Nick se suster, Saar het in Westdene gebly en hy het daar vir ʼn paar dae tydens die operasie oorgebly.
Ousus moes vir ʼn paar maande in die hospitaal bly. Gedurende hierdie tyd het Oupa Nick met sy trapfiets Johannesburg toe gery. ‘n Afstand Ons was regtig arm want ʼn naweek kaartjie wat van Vrydag tot Maandag geldig was, was slegs een pond tien.
Ousus was daardie jaar 9 maande uit die skool maar het nietemin met lof geslaag. Sy was ʼn slim kind en moes vir 6 maande na die operasie ʼn donker bril dra.
Ousus het later in Johannesburg gaan werk en het by tant Saar in Westdene geloseer.
Sy trou met Gert Strydom en hulle woon in Germiston waar sy in n klerefabriek werk en later die Hoofmeisie pos beklee.
Gert het gedurende die oorlog by die weermag aangesluit en was vir byna 5 jaar in Egipte gestasioneer. Ousus het vir 3 jaar my gratis lossies gegee totdat ek in 1942 by die lugmag aangesluit met. Hulle het in High Rd Germiston gewoon tot na die oorlog.
Ousus en Gert het geen kinders gehad nie en neem ʼn dogter van so 6 jaar oud aan, Haar naam was Stella. Stella het nie aanpas nie, Sy wou altyd terug na haar regte familie, Sy verdwyn later as ʼn jong volwassene uit Gert en Sus se lewe. Toe Gert is in 1987 oorlede is woon Stella die begrafnis by maar dis die laaste keer dat ons haar sien. Ousus sterf kon ons haar nie opspoor nie.
Na Gert die dood versorg ek Ousus se huis en tuin in Atlasville totdat a.g.v. gesonheid sy nie meer alleen kan bly nie en in Solheim Ouetehuis hoër op in Sun straat opgeneem word tot haar dood.
NIco Pretorius se onthou
.
Ek dink tannie Sus was maar eensaam in die Ouetehuis. Die kamertjie was klein en sy het niemand daar geken nie. Ek dink behalwe my Pa was daar was baie besoekers behalwe soms een van die Mostert kinders.
Hulle plot was in Pononaweg in Pomona Kempton Park en bestaan vandag nog Ironies dat die plaaslike owerheid meer as 50 jaar gelede tussen 20 na 30 meter van die plot afgesny en uitgekoop het om Pomonaweg te verbreed. In 2025 was die pad is nog nooit verbreed nie.
Dit was ʼn groot huis met ʼn groot tuin en groot bome. Daar was ook n groot vrugteboord en ʼn rondawel agter die huis waar oom Gert se ma tant Fiena gebly het. Ons her gereeld daar vrugte gaan pluk vir my Ma om in te le of konvyt te kook.
Ons het baie by tannie Cillie en oom Gert op die plot gaan kuier en aan die einde van die jaar het ons gewoonlik saam met die Morterts daar bymekaar gekom op ou Kersaand of Kersdag soms Nuwejaarsdag. Een van die denne bome is gereeld met liggies Desembermaand versier. Tannie Sus het nie meer gewerk nie en baie tyd aan haar tuin spandeer.
Later toe oom Gert aftree het hulle die plot verkoop en ʼn ou huis in Atlasville Boksburg gekoop wat oom Gert gerestoureer het. Oom Gert was baie handig veral met bou met ysterwerk. Hy het vir my Ma staanders gemaak vir blomme rangskikkings, staanders vir plante, stoeltjies vir my en Wilmarie en selfs ʼn stuurwiel vir my kaskar. Noot was iets vir hom onmoontlik of teveel moeite nie. Kleintyd was hy my held. As my Pa iets moeiliks by die huis moes doen was oom Gert altyd daar om te help.
Soms het hy en my Pa ʼn bees saam gekoop om te slag. Ons is dan Blesbokfontein toe. Oom Gert het die skietwerk gedoen en dan is die karkas aan die seringboom opgehang en het die slag proses begin. Laat middag is die groot stukke vleis in oom Gert se bakkie gelaai en die terugtog begin. Die laaste deel is met sy vleis verwerkings masjien by die huis gedoen. Inderdaad ʼn groot werk.
Oom Gert was aanvanklik ʼn ambagsman (ketelmaker) op die Spoorwee maar die tyd wat ek hom geken het was hy werksaam by die Kemptonpark Munisipaliteit. Hy het baie met sy hart gesukkel en dit was later ook die oorsaak van sy dood.
Die tyd wat hulle in Atlasville gebly het, het ek hulle baie in die Apteek gesien wanneer oom Gert sy medisyne kom haal het.
Marie Gouws ( Mostert ) onthou Stella so:
Stella was 5 jaar oud by aanneme. Haar ouers het baie kinders gehad en sy moes weeshuis toe. Stella het altyd gesê as sy groot is gaan sy haar ouers soek. Na skool het sy hulle opgespoor maar was geweldig verarm en kon nie regtig ʼn band met haar vorm nie. Sy is maar weer terug na oom Gert en tant Sus.



No comments:
Post a Comment