Willie Pretorius. die skrywer en verteller. |
Willie Pretorius is oorlede op 15 Julie 2020 aan covid 19 infeksie.
Hier volg sy verhaal.
Ek Willem Lodewikus Pretorius is gebore op 25 Januarie 1921 op die plaas Blesbokfontein distrik Venterdorp en hierdie is ons verhaal en geskiedenis.
My ouers was Jacobus Nicolaas Pretorius ( Oupa Nick) en Maria Magdalena Lindford. (Ouma Malie).
Ons was 5 broers en 2 susters waarvan ek die enigste oorlewende is. Ek is nou ( 2018) 97 jaar oud.
Hendrik Dawid,( Luk) Jacobus Nicolaas ( Koot) Cecilia Anna ( Cilie of Sus ) Nicolaas Willem ( Nick) Philupes Johannes ( Flip) Maria Magdalena ( Marie of sussie) en dan ek Willem Lodewikus
Die was deur ‘n spuit in ‘n noordelike en suidelike deel verdeel is. Daar was verskeie inwondenes.
Die eerste motorkar.
Pilot word. 1926
Ons Skool.
Af en toe het daar ‘n kunstenaar opgetree. Die eerste sanger waarvan ek kan onthou het ons “Blesbogers” bedank vir die ondersteuning. Almal het lekker vir sy blesbogers gelag. Hy se toe verder hy is bly da tons nie aanstoot neem nie want laas week was ht by Caledon en toe hy Caledonners noem wou hulle hom net braai.
Die ongeluk 1928.
Ek was in graad 2 toe dit gebeur het. Die was 1928. My oudste broer Luk het naweke per trein op die plaas kom kuier. Hy het in Johannesburg gewer. Daar was n spoorweghalte op die plaas Groot Modderfontein. Ons moes die betrokke Sondagmiddag Luk by die halte met n perdekar besorg. Ek en my broer Flip het dag gewoonlik gestry om saam te ry want dit was n belewenis om n trein te sien al het dit beteken dat ons die hekke moes oopmaak. My broer Koot was die drywer.By die eerste hek wat ek moes oopmaak was daar probleme. Die een perd was eintlik n groot strek ryperd met die naam Flink maar Flink het niks van van kartrek gehou nie en was nukkerig en onrustig. Koot het mooi gepraat en ons deur die hek maar toe ek opklim wou Flink niks weer weet nie. Koot gee hom toe n harde hou met die karwats en Flink byt die stang in sy bek was en hardloop die veld in. Die ander perd Ou Rose het nie n keuse nie en hardloop saam. Koot hang aan die leisels maar hulle hardloop in die veld in asof daar nie eers n kar after is nie.
Die perdekar se wiel tref toe n miershoop en slaan om. Ek het half onder die kar ingeval en broer Luk trek my daar uit en vra toe nog of ek seergekry het. Net my wang aantwoord ek maar toe ek om my linker been trap vou dit onder my knie dubbel en sien die bloed deut my kous blou.. My voet sit toe lanks my knie en die gebreekte bene steek deur die kous. Luk en Koot dra my na die Coetzee’s plaashuis daar naby waar hulle die bloeding probeer stop.
Broer Koot hardloop die 3 of 4 km terug na ons huis waar my ma en pa gou n draagbaar aanmekaar slaan, Ander familielede sluit by hulle aan op pad terug na die Coetzee se huis en so word dit n taamlike stoet mense.
Broer Flip is met n fiets gestuur na die plaas Kaalfontein waar daar n telefoon ws om Dr Cochrine te ontbied.
Dr Cochrine het voor sononder op die plaas aangekom. Hy het my verdoof en terwyl iemand my skouers vashou die gebreekte been reguit getrek sodat alby bene ewe lank was. Hy die die been met twee houtspalke gespalk en wasgedraai met n verband en instruksies gegee dat ek vir drie tot vier weke op my rug moet le en dan wil hy my weer sien.
My ma het gereeld my rug met salf ingesmeer om bedsere te voorkom.
Na drie weke het my pa my my met dieselfde kar en perde Venterdorp toe geneem. My been is toe in gips gesit en kon ek met twee krukke loop. Na n verder drie weke is die gips afgehaal em kon ek terug skool toe. Ek het kruppel geloop omdat ek bang was om hard op die beem te trap.
Dis ook nie lank nie of die skoolkinders gee my n bynaam – Ou Kruppel. Dit was die beste medisyne want dadelik het ek probeer reg loop. Dievolgende jaar kon ek sokker speel en was ek die regter vleul van die tweede span.