Monday, 27 November 2017

Blesbokfontein en Pretorius familie


Willie Pretorius. die skrywer en verteller.
 
 Willie Pretorius is oorlede op 15 Julie 2020 aan covid 19 infeksie.  
Hy was 99 jaar en 6 maande oud. As gevolg van die covid 19 inperking is daar n virtuele begrafnis vir hom gehou. Dis te sien op youtube.com. onder huldeblyk oom Willie Pretorius, Ds Freddie Nortje 

Hier volg sy verhaal.

Ek Willem  Lodewikus Pretorius is gebore op 25 Januarie 1921 op die plaas Blesbokfontein distrik Venterdorp en hierdie is ons verhaal en geskiedenis.

My ouers was Jacobus Nicolaas Pretorius ( Oupa Nick) en Maria Magdalena Lindford. (Ouma Malie).

Ons was 5 broers en 2 susters waarvan ek die enigste oorlewende is. Ek is nou ( 2018) 97 jaar oud.

Hendrik Dawid,(  Luk) Jacobus Nicolaas (  Koot) Cecilia Anna ( Cilie of Sus ) Nicolaas Willem (  Nick) Philupes Johannes (  Flip)  Maria Magdalena (  Marie of sussie) en dan ek Willem Lodewikus

Blesbokfontein was ‘n pragtifge plaas net buite Venterdorp in die Noordwes Provinsie.

Die was deur ‘n spuit in ‘n noordelike en suidelike deel verdeel is. Daar was verskeie inwondenes. 
My Pa Nicolaas had 5 suster en een broer, Almal het op die plaas gebly.

 My ouers pa Nicolaas en ma Malie gebore Lindford

Oom Hannes en tan Sofia van den Berg. – pa se suster.

Oom Dirk en tan Haan Francis – pa se suster.

Oom Douw en tan Saar van den Berg – pa se suster.

Oom Flip en tan Tien Pretorius – pa se suster.

Oom Hendrik en tan Naat Pretorius – pa se suster.

Oom Jan en tan Alida Pretorius. pa se enigste broer.


Daar was ook ander inwoners.

Oom Koos en tant Bettie Buitendag.

Oom Thyse Buitendag ‘n wewenaar wat saam met my verjaar het.

Oom Jaap Kruger ‘n wewenaar.

Tant Hannie Pretorius n weduwee. Sy was broer Nick se skoonma.

Oom Coetzee en se vrou.

Oom Dewald Smit ‘n wewenaar met 2 seuns.

Oom Jan en tant Martha van den Berg.

Oom Dirk en tant Siena van den Berg.

Oom Jan en sy vrou – bg Dirk se pa en ma.

Mnr JJ Botha ons skoolhoof.

Mnr Gert Yssel en sy vrou – ons onderhoof en onderwyser.

Oom Ben en tant Mina van den Berg. Oom Ben was ‘n baie goeie vriend van oupa Nick.

Al begoeneomde het op klein stukkies grond geboer en n bestaan gemaak met oa mielies, koring, sorgum en sonneblom. Die plase was baie klein in vandag se terme. My pa Nicolaas het  gereeld grond bygehuur en aangekoop.

Die eerste motorkar.

 1926.  Ek en my neef Willie van den Berg was omtrent 5 jaar oud toe ons die eerste mototkar sien omtrent Ek dink dit was ‘n Model T Ford met ‘n seil dak. Wanneer daar ‘n motorkar verby gekom het, het ons pad toe gehardloop om vir die mense te waai en dan het ons plat op die maag in die pad gaan le en aan die spore geruik. Wat ons verwag het om te ruik weet ek nie. Motors was baie skaars. Niemand op die plaas het een gehad nie.

 Pilot word. 1926

Ek moet vertel van ek en my neef Willie van der Berg besluit het om “ pilots” te word. Ons was omtret 5 jaar oud. Daar was ‘n groot hoop blare na dostyd en ons twee het vir ons ‘n huisie met blare gemaak en lekker gespeel. Ons het ‘n geraas gehoor en  soos gewoonlik pad toe gehardloop om vir die mense te waai maar ons sien geen stof of kar nie.Die geraas word al groter en ons skrik ons boeglam toe ‘n vreeslike groot voel in die lug sien wat die geraas maak. Vreesbevange hardloop terug na die blare in kruip so diep as wat ons kan weg. Ouma Malie roep en roep van die huis af  dat ons na die vliegtuig moet kyk maar hoe meer sy roep hoe dieper kruip ons weg. Ons was seker sy wil ons waarku dat die voel ons dalk kan vang, Dit was eers na un ruk toe alles doodstil was dat ons huistoe gehardloop het. Ouma verduidelik toe dat dit ‘n vliegtuig was met ‘n man wat dit beheer. Ons wou weet of die voel die man gevang het. Nee het sy gese dis ‘n pilot wat dit beheer soos die bestuurder van ‘n motorkar

Pilot was vir ons twee die pragtigste woorde wat ons gehoor het en daar en dan het ons besluit dat as ons groot is gaan ons pilots word.

Ons Skool.

 Ons het ‘n pragtige skoolgebou op die plaas gehad. Dit was n nuwe skool van sandsteen gebou, party reghoekig ander vierkantig almal 90grade gekap. As ek reg onshou het dit net 3 klaskamers gehad waarvaan die grootste 2 rug teen rug was met‘n houtafskorting wat kon oopskuif  Die panele was omtret 1.5m breed  dan teen die mure opgestapel het. Die swart borde van die twee klaskamers was aan die teenoorgestelde mure. Met die afskorting oop het dit ‘n redelike saal gevorm. 

Af en toe het daar ‘n kunstenaar opgetree. Die eerste sanger waarvan ek kan onthou het ons “Blesbogers” bedank vir die ondersteuning. Almal het lekker vir sy blesbogers gelag. Hy se toe verder hy is bly da tons nie aanstoot neem nie want laas week was ht by Caledon en toe hy Caledonners noem wou hulle hom net braai.

 Die skool her verder 2 stoepgehad. Een vir seuns en een vir meisies. Op elke stoep was ‘n groot waskamer met 5-8 wasbakke en hake vir hoede en jasse. Die toilette was aparte geboue. Dan was daar die shoolhoof se huis. Alles van sandsteen gebou. Verder was daar ‘n windpomp en kamp vir wieding vier die donkies en perdie waarmee die kinders skool toe gery het.

 Ons het drie onderwysers gehad. Mnr Botha die hoof . Mnr Yssel onderhoof en juffrou Rossouw.vir die kleintjies. Die skool was net tot standard 6 vandag se graag 8.

Die ongeluk 1928.

Ek was in graad 2 toe dit gebeur het. Die was 1928.  My oudste broer Luk het naweke per trein op die plaas kom kuier. Hy het in Johannesburg gewer.  Daar was n spoorweghalte op die plaas Groot Modderfontein. Ons moes die betrokke Sondagmiddag Luk by die halte met n perdekar besorg. Ek en my broer Flip het dag gewoonlik gestry om saam te ry want dit was n belewenis om n trein te sien al het dit beteken dat ons die hekke moes oopmaak. My broer Koot was die drywer.

By die eerste hek wat ek moes oopmaak was daar probleme. Die een perd was eintlik n groot strek ryperd met die naam Flink maar Flink het niks van van kartrek gehou nie en was nukkerig en onrustig. Koot het mooi gepraat en ons deur die hek maar toe ek opklim wou Flink niks weer weet nie. Koot gee hom toe n harde hou met die karwats en Flink byt die stang in sy bek was en hardloop die veld in. Die ander perd Ou Rose het nie n keuse nie en hardloop saam. Koot hang aan die leisels  maar hulle hardloop in die veld in asof daar nie eers n kar after is nie.

Die perdekar se wiel tref toe n miershoop en slaan om. Ek het half onder die kar ingeval en broer Luk  trek my daar uit en vra toe nog of ek seergekry het. Net my wang aantwoord ek maar toe ek om my linker been trap vou dit onder my knie dubbel en sien die bloed deut my kous blou.. My voet sit toe lanks my knie en die gebreekte bene steek deur die kous. Luk en Koot dra my na die Coetzee’s  plaashuis daar naby waar hulle die bloeding probeer stop.

Broer Koot hardloop  die  3 of 4 km terug na ons huis waar my ma en pa gou  n draagbaar aanmekaar slaan, Ander familielede sluit by hulle aan op pad terug na die Coetzee se huis en so word dit n taamlike stoet mense.

Broer Flip is met n fiets gestuur na die plaas Kaalfontein waar daar n telefoon ws om Dr Cochrine te ontbied.

 Dr Cochrine het voor sononder op die plaas aangekom. Hy het my verdoof en terwyl iemand my skouers vashou die gebreekte been reguit getrek sodat alby bene ewe lank was. Hy die die been met twee houtspalke gespalk en wasgedraai met n verband en instruksies gegee dat ek vir drie tot vier weke op my rug moet le en dan wil hy my weer sien.

My ma het gereeld my rug met salf ingesmeer om bedsere te voorkom.

Na drie weke het my pa my my met dieselfde kar en perde Venterdorp toe geneem. My been is toe in gips gesit en kon ek met twee krukke loop. Na n verder drie weke is die gips afgehaal em kon ek terug skool toe. Ek het kruppel geloop omdat ek bang was om hard op die beem te trap.

Dis ook nie lank nie of die skoolkinders gee my n bynaam – Ou Kruppel. Dit was die beste medisyne want dadelik het ek probeer reg loop.  Dievolgende jaar kon ek sokker speel en was ek die regter vleul van die tweede span.



No comments:

Post a Comment